ArtSpoken & Reviews

Die Kaap is weer Holms

Leon van Nierop
08/24/2016 05:58:57

Leon van Nierop: Een ding is nou maar wors: Marion Holm weet hoe om gehoor in die holte van haar hand te neem en vir 75 minute moeiteloos daar te hou met soveel verskillende vertolkings en impersonasies, dat mens tred verloor met die tyd. Dit gebeur selde dat een persoon so onderhoudend en met soveel matelose energie vertoning kan lewer en soveel stories kan vertel wat elkeen ‘n stelling maak en tot punt kom. Want dikwels neig eenman (of vrou!)-vertonings om op dieselfde noot aan te karring en uit te rafel. Maar nie hierdie een nie. Een storie lei tot die volgende en elkeen het doel en pas in die legkaart van die produksie in.

Dit is die sterk punt van hierdie vertoning: Holm se ongelooflike energie en entoesiasme, die pragtige klein storietjies wat sy vertel, maar bowenal die respek wat sy vir die mense het oor wie se praat en die deernis wat sy vir die Afrikaanse kultuur en sy erfenis het. Sy spot lig en sy spot fyn, ook dikwels met haarself, en sy wek emosies in die kyker op wat fluktueer van uitbundige lag oor San de Lange se vertolking (was dit in Dot en Kie?) tot by Jacob Zuma se foutiewe verwysing na Jan van Riebeeck wat in Kaapstad geland het tot by Marion wat haar woorde in motor in die Karoo sit en leer het en polisieman wat haar nie kon verstaan of wou verstaan nie. En dan die wonderlike herinneringe van ou man wat aan Alzheimers gelei het maar telkemale op dieselfde vrou verlief geraak het. Maar jy het nie tyd om traan weg te pink nie, want die volgende lagwekkende staaltjie lê klaar en wag.

Sonder vrees of skroom takel sy verskeidenheid onderwerpe wat tot elke lid van die gehoor spreek, alhoewel mens wonder of jong gehoor al die fyn nuanses en verwysings na ou produksies of die geskiedenis sal verstaan. Maar dan is dit dalk tyd dat hulle bykom!

Geluk aan Chris Vorster met lewendige regie, (hy het ook gehelp met die teks) maar natuurlik Marion Holm wat van hierdie produksie klein juweel maak waarsonder jy armer sou gewees het. Mens kan net hoop dat sy ondersteuning van gehore sal kry.

Moet sien!


Die Kaap is weer Holms
Met Marion Holm
Regie: Chris Vorster
Teks: Marion Holm en Chris Vorster
Pieter Toerien se Studio-teater by Montecasino in Fourways van 23 Augustus tot 4 September.


Leon van Nierop is one of South Africa's best-known and most respected film critics. He has reviewed films for 34 years for every medium; from television and radio to magazines, newspapers and the Internet. He has lectured on film criticism for 14 years throughout the country and headed the TUT film school in Pretoria for 4 years. He has also written two books on film analysis, the most recent being Movies Made Easy published by van Schaiks. He has also served as judge for several short film and film competitions, is part of the SAFTA jury awarding Golden Horns to the best local film talent, and writes extensively on film for several publications. He also served as professor in film at TUT and also headed that film school for 4 years. He has just completed a stint as presenter, scriptwriter, voice-over artist and co-producer for DEKAT on SABC 3. He has written 23 novels and several TV-series and dramas and is currently working on another novel. He is also a newsreader and continuity presenter for RSG on SABC radio and serves as their major film critic
 
Related Venue:
Montecasino Complex, Fourways Johannesburg Gauteng South Africa